A'Lang Storie

Gerosteerde plaashuis bied idiliese stilte, rustighied, ‘n natuurlike omgewing en asemrowende uitsig oor die plaaslewe en Langeberge.  Geniet kooperasiestories en A’Lang Storie op die stoep, terwyl die plaaslewe woel en die wêreld en dae verbygly.
Ook ideaal vir skrywers wat die tipiese karoo gevoel in die Overberg duskant die magtige Breede Rivier wil ervaar. Gelee naby wynplase en wynroetes, weg van stadsgedruis, maar minder as 10 minute van Bonnievale se middedorp.

2 Slaapkamers met dubbelbeddens, een en-suite met stort en een familie badkamer met bad.
Oopplan ruim kombuis en leefarea, met ‘n dubbel slaapbank en gemaklike sitplek in die leefarea.
A’Lang Storie kan 6 mense akkommodeer.
Braaigerief buite en gemaklike sitplek op die buitestoep. 

Ons sien uit om A’Lang Storie met jou te deel!